Skryfgeheime-skryfskool:  Oktober 2020
Beste. Billikste. Meeste gepubliseerde studente. Sedert 2008
 
 Skryfgeheime-skrywers en -joernaliste floreer op digitale sowel as gedrukte platforms. Lees meer ...
 
Troula Goosen in die kollig
 
 
 
Amanda Claassens in gesprek met Troula Goosen is 'n onderhoud wat jy nie mag misloop nie. Leer meer oor die skryfkuns by twee gesoute Skryfgeheime-skrywers wat albei al herhaaldelik gepubliseer is en kort-kort opnuut opslae maak. Amanda (regs op foto) het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus 'n tyd terug voltooi en Troula die Kinder-en-jeugboekkursus. Sedertdien gaan beide skrywers van krag tot krag.
 
Geniet die Boekemakranka-onderhoud
 
 
Die kinderboekspesialis, dr. Mia Oosthuizen, skryf soos volg oor Troula se nuutste boek Raaiselsee: "Ek was lank laas só vasgenael in ʼn storie. Nie net is Troula Goosen se storie en spanningslyn knap nie, haar taalgebruik, dialoog en hantering van karakters herinner aan die beste skrywers in ons taal. Sy is duidelik ʼn meester van haar kuns en kry dit reg om geskiedenis lewend te maak vir die jong lesers van vandag – dit wil gedoen wees! Raaiselsee is die derde boek in Goosen se Raaisel-reeks. Die reeks is ideaal vir lesers van 10 jaar en ouer. Ek kan haar boeke beslis aanbeveel."
 
Op soek na iets prikkelends om te lees?
 
Die kortlys vir die KykNet-Rapportprys bied heerlike, uiteenlopende leesstof:
In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer (Penguin Random House)
* Zola deur Johan Jack Smith (Penguin Random House)
* Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg (Kwela)
Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden (Tafelberg)
Die verevrou deur Jan van Tonder (Human & Rousseau)
 
Lees meer
 Skryfgeheime-skrywers gesels
 
Celia du Plessis skryf: “Ek gaan nou karakterkaarte vir die ander twee karakters maak en dan sal ek die kinkel in die kabel begin uitrafel en weer knoop en uitrafel tot ek tevrede is. Ek wonder self wat gaan gebeur. Sien uit om die ander karakters te ontmoet. Spoedig sal ek uitvind waar kom my karakter se dogter vandaan! Amper onmoontlik, maar tog, 'n mens weet nooit.” Celia volg die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.

Albert Short skryf: “Dit is werklikwaar so inspirerend. Ek vind dat ek hierdie beginsels in my gewone werk ook kan gebruik. Ek is ’n rekenaarprogrammeerder en let deesdae daarop om kort en duidelike sinne te skryf. Om e-posse te skryf kan blykbaar ook nogal ‘n wetenskap op sy eie wees.” Albert is besig met die Kinder-en-jeugboekkursus
 
Sandri Zietsman skryf: Baie dankie vir die terugvoer op my werkstuk. Ongelooflik dat 'n mens so baie in so 'n kort rukkie kan leer. Ek is baie opgewonde oor die kursus.” Sandri is besig met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.
 
Soné Vollgraaff skryf: “Aangeheg is Module 3 se taak. Ek het hierdie module baie geniet en het gestoei met 'n aantal storie-idees. Die struktuurbesigheid is nie 'n maklike taak nie! Maar dit daag my uit om kreatief, maar ook analities, na my pengedagtes te kyk. Ek sien vreeslik uit na die terugvoer.” Soné is besig met die Prenteboekkursus.
 
12 maande en jou boek is op jou rekenaar
 
Oktober 2020
Die bleekste oomblik wanneer alles onmoontlik lyk
 
Die swart (of bleek, as jy dit verkies) oomblik is die donkerste gedeelte van die verhaal, daardie iuitsiglose tydstip (of fase) wanneer lesers radeloos rondtas omdat hulle eenvoudig nie daardeur kan sien nie. Dis die oomblik waartydens lesers voel dat dit hopeloos is, dat die karakters sál ondergaan, dat daar géén kans op ontkoming of oorlewing is nie.
       Dis nie ’n oomblik of periode wat die skrywer ligtelik mag opneem of vlugtig mag afhandel nie. Nee, die skrywer moet snags onrustig rondrol op soek na ’n gepaste oplossing, iets wat inpas by die verloop van die verhaal en vir die lesers logies en moontlik voel, maar waaraan lesers nooit self sou dink nie.
       Die vraag is, hoe vind ’n skrywer daardie oomblik, swart of bleek? Die geheim is om jouself in jou hoofkarakter se skoene te plaas en jou die laagste punt vir daardie karakter voor te stel. Dit moet die absoluut ergste ding wees wat met die karakter sou kon gebeur binne daardie spesifieke storiegegewe. En wees gewaarsku: dikwels (dalk weens 'n tekort aan skrywersenergie in hierdie laat stadium van die manuskrip se lewe) kom skrywers in die versoeking om hierdie intense periode ligtelik te hanteer met ’n “dit-was-net-’n-droom”- tipe oplossing, of ’n te maklike ontsnapping, of selfs ’n soort wonderwerk.
       Moet dit nie waag nie.
       Die swart oomblik moet jou karakter dwing om tot aksie oor te gaan in ’n gedrewe poging om te ontkom. Dit moet die karakter dwing om elke nuwe vaardigheid of tegniek wat gedurende die loop van die verhaal bemeester is te gebruik. En steeds, gedurende hierdie pogings, moet jou leser onoortuig wees dat die karakter sal slaag. Want hoe hopeloser die karakter se situasie vir die leser lyk, hoe kragtiger sal die klimaks en afloop wees. Dis ’n kortsigtige skrywer wat hierdie oomblik of periode ligtelik hanteer.
 
November: Die klimaks 
Het jy iets misgeloop? 
 
 
ONS WAARBORG: 
Jy werk teen jou eie pas in jou vrye tyd op 'n een-tot-een basis aan kursusmateriaal met 'n stapsgewyse opbou, van die vind van 'n idee tot en met 'n voltooide manuskrip (verhaal of artikel).
Jy ontvang breedvoerige terugvoer op elke werkstuk deur 'n ervare, gegradueerde joernalis of 'n bekroonde skrywer-vertaler BINNE SEWE DAE nadat jy 'n skryfstuk ingestuur het.  
* Jy ontvang alle moontlike hulp en leiding om deur 'n erkende nasionale tydskrif of uitgewer  gepubliseer te word. 
Jy geniet die gemoedsrus van ons GELD-TERUG-WAARBORG. Dit beteken jy kry al jou geld terug indien jy voel jou kursus was nie die moeite werd nie.
 
 
© 2020 Skryfgeheime
 
 
Skryfgeheime-skryfskool
www.skryfgeheime.com
info@skryfgeheime.co.za
0782240454
Sedert 2008
Facebook
Twitter
Google+
LinkedIn
Instagram
YouTube
 
 
Jy het hierdie e-pos ontvang omdat jy navraag gedoen het oor 'n Skryfgeheime-kursus.
 
Sent by
SendinBlue