Skryfgeheime-skryfskoolSeptember 2020
Beste. Billikste. Meeste gepubliseerde studente sedert 2008
 
 Skryfgeheime-skrywers en -joernaliste floreer op digitale sowel as gedrukte platforms. Lees meer ...
 
Helene de Clercq presteer met haar "haan"
 
Helene de Clercq skryf: "Ek het toe 'die haan' verkort tot 1,616 woorde. Wat 'n gejuig vir iemand wat altyd 'too wordy' skryf! Op 15 Junie het ek die verkorte weergawe weer vir Media24 gestuur. Tot op hede nog niks gehoor nie. Dis mos maar ‘n wag-'n-bietjie-besigheid, maar die haan beskaam (hopelik) nie. Ek heg die foto aan – maar net omdat ek belowe het – en eers as 'haan' of 'n ander skryfie deur my iewers die paal haal." 
       Sedertdien het Helene verneem dat haar kortverhaal "Met die haan gepla" op 3 September in Huisgenoot verskyn. Die haan beskaam toe inderdaad nie. Helene het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus 'n tydjie terug suksesvol afgehandel.
Skryfgeheime-skryfskool presteer
 
 
Ouma Hester weer "op die rak"
 
Ouma Hester en die getaway-kar was Janie
Oosthuysen se tweede kinderboek toe dit in
1996 die eerste keer verskyn het. Die tweede boek, Ouma Hester en die Arnosterfant verskyn eersdaags, 
en aanstaande jaar maak Tian, Lisa en Ouma opnuut amok met die Dreadnought Merk III en die Superkomeet.
      Janie vertel: "Verlede jaar het my uitgewer  'n heruitgawe met 'n totaal nuwe voorkoms voorgestel. Dit was ’n groot lekkerte om die vier boeke van voor tot agter te herskryf en op te kikker. Alex van Houwelingen het my met 'n moderne strokiesprentstyl verras wat die karakters en storielyn uitstekend pas.
      "En wat 'n vreugde om saam met Troula Goosen, een van my eerste skryfstudente, in die nuwe Huisgenoot te verskyn!"
 
Troula Goosen behaal 'n driekuns
 
roula Goosen is 'n vernuftige Bettysbaaier wat weer en weer presteer. Haar historiese reeks, Raaiselklip, Raaiselster en Raaiselsee, uitgegee deur Tafelberg (NB Uitgewers), maak die geskiedenis toeganklik vir jong tieners en vind by albei geslagte aanklank. En raaiselagtig is hierdie verhale gewis, iets om uit te pluis, ideaal vir die Kerskous of sommer net as 'n bederfie. Troula het die Kinder-en-jeugboek-kursus 'n klompie jare terug voltooi en is ook 'n ATKV-pryswenner. Haar geheim? Sy steek alles in om haar teikenlesers te leer ken en die skryfambag te bemeester, en is heeltyd met iets nuuts besig.
 
 Skryfgeheime-skrywers gesels
 
Philna Scholtz skryf: "Duisend dankies vir die moeite met my eerste poging. Waardeer dit baie! Die redigering wat jy gedoen het, was in die kol! Ek het ontsettend baie geleer. Jy hoef regtig nie bang te wees dat ek 'seergemaak' gaan wees nie. Inteendeel, ek kan sien dat jou insette goud werd is en my op die regte skryfpad gaan hou." Philna is besig met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.
 
Emmie Smit skryf: "Die terugvoer is altyd so prakties, ek het baie meer uit die tydskrifkursus gekry as wat ek verwag het. Ek het die persoonlike besonderhede in hierdie weergawe van my artikel ingevoeg. Dit voel en lees nou baie beter, ek begin nou die 'gesprekstyl' snap." Emmie het die Kursus in Tydskrifjoernalistiek voltooi.

Albert Short skryf: "Ek wil net sê dat ek die kinderboekkursus baie geniet, dis vreeslik inspirerend. Ek het met die littelosmaker begin en heeltemal meegevoer geraak. Dis ongelooflik hoe daardie idees ’n baie lekker storie in my kop gesit het! Ek het ook een van die Bessie Hemelbesem-boeke gelees wat verder bygedra het tot die opwinding. Gister om middernag het ek wakker geword met ’n idee vir iets wat in my storie moet gebeur. Toe drentel ek kombuis toe, daardie tyd van die nag, om dit neer te skryf. Ek moes vir myself lag, maar ek is bly die idee is op papier voor ek dit kon vergeet."
 
Celia du Plessis skryf: "Ek geniet dit regtig baie om hierdie kursus te volg. Wou nog altyd graag skryf, maar het nog nooit die 'guts' gehad nie. Aangeheg is my storiegeraamte en die toneel wat ek geskryf het. Ek sien uit na jou terugvoer, raad en wenke." Celia is besig met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus. 
 
12 maande en jou boek is op jou rekenaar
 
September:  Skrywers moet psigopaties wees
 
Jy het jou lesers met ’n prikkelende aanvang op die punt van hulle stoele gekry. En jou hoofkarakter in ’n aangrypende dilemma gedompel. Nou moet jy sorg dat daardie dilemma stapsgewys vererger met elke poging van die karakter om dit op te los.
       Sommige nuwe skrywers voel so betrokke by hulle karakters dat hulle nie kans sien om hulle lewe
te vergal nie. Diep binne wil hulle eerder vir hulle ’n gemaklike bestaan skep met ’n begeerlike voertuig, ’n goeie wederhelfte, ’n suksesvolle loopbaan, ’n filantropiese leefstyl, ensomeer.
       Dis nie ’n goeie idee nie.
       Pluk eerder al daardie geriefies onder jou hoofkarakter uit en verdiep en vererger die probleem. Waarom? Want dis konflik wat die fiksiewiele laat draai. Dis konflik wat veroorsaak dat lesers ’n boek nie kan neersit nie. Dis konflik wat boeke verkoop.
       En nie sommer enige ou konflik nie. Sorg dat enige verdere probleme nie net 
uitvloeisels is van jou karakter se dilemma nie, maar ook van hul persoonlikheid, optrede en pogings om die probleem of uitdaging op te los. En laat jou karakter toe om in die proses nuwe vaardighede te ontwikkel en nuwe insigte te kry. Laat jou karakter ontwikkel en sterker, slimmer en beter word. Dit sal die konflil en die spanningslyn versterk.
       En heeltyd moet die probleem sodanig verdiep dat die leser sal voel die swart oomblik, m.a.w. totale ondergang, is onafwendbaar en dat die karakter sál ondergaan.
 
Oktober: Skep 'n swart oomblik wat hopeloos lyk.
 
Het jy iets misgeloop? 
 
 
ONS WAARBORG: 
Jy werk teen jou eie pas in jou vrye tyd op 'n een-tot-een basis aan kursusmateriaal met 'n stapsgewyse opbou, van die vind van 'n idee tot en met 'n voltooide manuskrip (verhaal of artikel).
Jy ontvang breedvoerige terugvoer op elke werkstuk deur 'n ervare, gegradueerde joernalis of 'n bekroonde skrywer-vertaler BINNE SEWE DAE nadat jy 'n skryfstuk ingestuur het.  
* Jy ontvang alle moontlike hulp en leiding om deur 'n erkende nasionale tydskrif of uitgewer  gepubliseer te word. 
Jy geniet die gemoedsrus van ons GELD-TERUG-WAARBORG. Dit beteken jy kry al jou geld terug indien jy voel jou kursus was nie die moeite werd nie.
 
 
© 2020 Skryfgeheime
 
 
Skryfgeheime-skryfskool
www.skryfgeheime.com
info@skryfgeheime.co.za
0782240454
Sedert 2008
Facebook
Twitter
Google+
LinkedIn
Instagram
YouTube
 
 
Jy het hierdie e-pos ontvang omdat jy navraag gedoen het oor 'n Skryfgeheime-kursus.
 
Sent by
SendinBlue
 
180 x 138
Drag & drop your image here
from the image gallery
Title
 
Mauris commodo massa tortor, u sit amet,consectetur adipisicing Nunc fermentum neque quam, sodales eleifend elit imperdiet vitae. Aliquam id euismod nulla. Suspendisse imperdiet, sem et sollicitudin egestas, urna nunc auctor massa, vulputate pharetra mi odio nec tortor. Ut ultricies massa viverra quis.
 
Button
180 x 138
Drag & drop your image here
from the image gallery
Title
 
Mauris commodo massa tortor, u sit amet,consectetur adipisicing Nunc fermentum neque quam, sodales eleifend elit imperdiet vitae. Aliquam id euismod nulla. Suspendisse imperdiet, sem et sollicitudin egestas, urna nunc auctor massa, vulputate pharetra mi odio nec tortor. Ut ultricies massa viverra quis.
 
Button
 
264 x 202
Drag & drop your image here
from the image gallery
 
Title
 
Lorem ipsum dolor sit amet,consectetur adipisicing elit, sed do incididunt utlabore etdolore magna aliqua. Ut enim minim.
 
Button
264 x 202
Drag & drop your image here
from the image gallery
 
Title
 
Lorem ipsum dolor sit amet,consectetur adipisicing elit, sed do incididunt utlabore etdolore magna aliqua. Ut enim minim.
 
Button