Skryfgeheime-skryfskool: Augustus 2020
Beste. Billikste. Meeste gepubliseerde studente sedert 2008

www.skryfgeheime.co.za
 
Besoek www.skryfgeheime.com en bestyg die skryfverhoog saam met ons groeiende groep gepubliseerde skrywers en joernaliste.
 
* Deel jou woorde en word deel van 'n uitvoering *
Stuur vir my jou woorde 3
 
Skryf iets wat uit jou hart kom oor die tema "Wanneer ek jou weer sien" en staan 'n kans dat jou woorde deur Lizanne Barnard en Leon Ecroignard [op foto]  getoonset en uitgevoer word vir 'n splinternuwe produksie: "Stuur vir my jou woorde 3".
Klik en lees die artikel en vind uit hoe om jou bydrae in te stuur.
Sluitingsdatum: 31 Julie 2020
Geluk, Driekie!
 
Driekie Grobler se gedig "Vryheid" is alreeds deur hierdie talentvolle groepie kunstenaars getoonset en word van 24 - 26 Julie saam met ander bydraes opgevoer as deel van Stuur vir my jou Woorde 2.
 
Driekie het Skryfgeheime se Algemene Kreatiewe Skryfkursus 'n klompie jare terug suksesvol voltooi, en toe begin dig. Haar bundel Sirkeldans het sedertdien verskyn. En nou skitter haar skryfwerk op die verhoog.
JONG STEMME neem deel ...
want dis nooit te vroeg om jouself op die verhoog te plaas nie
 
 Lees wat skryf Juan-Pierre Rootman op Maroela Media se webwerf en sluit aan by hierdie ontluikende groep meningsvormers wat gereeld hulle stemme op hierdie platform laat hoor. Dis 'n lekker publikasiegeleentheid vir tieners en jongmense tussen 18 en 24 en bied blootstelling aan 'n groot gehoor.
 
Bou jou skryfvaardighede verder uit met Skryfgeheime se gewilde en beproefde 
 
'n Skryfgeheime-skrywer gesels
 
Elydia Mulder skryf: "Ek waardeer jou terugvoer en geniet die modules. Ek lees graag en het soms baie kritiek op sekere situasies in boeke, daarom het ek besluit om 'n kursus in die skryfkuns te volg en myself te verbeter. Jou kursus is werklik insiggewend, ek het pas 'n boek gelees waar die terugflitse regtig lank en onvanpas was. Skielik het ek aan jou terugvoer op my littelosmaker gedink, en toe stem ek 100% met jou saam."
 
Elydia is besig met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.
 
12 maande en jou boek is op jou rekenaar
 
Augustus
Benut die storieverhoog
 
Dikwels, nie altyd nie, voel fliekgangers dat die boek beter was. Waarom? Hoe kan ’n boek kompeteer met die visuele effekte, die klankbaan, die ervaring daar in die flieksaal, met die geur van springmielies in jou neusgange?
        Die rede is gewoon dat sommige boeke daarin slaag om die leser by die verhaal te betrek op ’n  sintuiglik bevredigende manier wat Hollywood nie kan naboots nie. Hierdie skrywers slaag daarin om die verhaal op die verhoog van die leser se verbeelding te laat afspeel. Dikwels benut hulle eenvoudige, maar tegelyk oorrompelende prosa wat effektiewelik aan poësie grens. Natuurlik is almal nie tot hierdie hoogtes in staat nie. Maar almal kan leer om oorspronklike beeldspraak te skep en visueel te skryf.
        Bostaande beteken nie dat skrywers niks uit films kan leer nie.
        Weens hul aard is films sterk visueel. Boeke is nie. Draaiboeke ook nie. Maar hulle moet wees. Want hoe meer visuele tegnieke jy op 'n geslaagde wyse 
aanwend, hoe makliker is dit vir jou lesers om die gebeure in hulle gedagtes te sien afspeel.

Hier is vyf tegnieke vir meer visuele skryfwerk:
1. Kies ’n tema. Visueel gesproke kan ’n tema ’n kleur, plek, tipe skoot (of vertelshoek) of selfs ’n karakter wees. ’n Voorbeeld is Moonlight waar die filmmaker “blou” as tema gekies het – ’n kleur wat melankolie suggereer – en dit herhaaldelik in die film gebruik. Skryf jou boek met byvoorbeeld “blou” in gedagte, bou dit liggies in by jou verhaal, die gevoel sowel as die kleur, en kyk hoe dit die gegewe beïnvloed en verryk.

Lees hierdie voorbeeld uit In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer.
Bokant die boomtoppe is die lug grou. Ek lig my kop stadig. Van Angela Davis is daar geen teken nie. Die stamme om my is reguit en in rye geplant. Dennenaalde lê grys op die grond.

2. Skryf met emosie. Plaas emosie op jou karakters se gesigte en beeld dit uit met hulle liggame. Hoe? Met lyftaal, handeling en suggestie sodat lesers kan “sien” wat op die storieverhoog gebeur en die karakter se emosie aan hulle eie lywe kan voel en ervaar.

 
Voorbeeld:
My lyf ruk. Vertraagde skok. Ek onthou die twee ekstra komberse in die ingeboude kas. Gaan haal hulle. Terug in die bed probeer ek verder oor die ouderdom lees, maar die vergrootglas bewe te veel. Die boek is skielik swaar. (Uit: In ’n land sonder voëls.)

 
3. Gebruik kleure en spesifieke besonderhede, al het jy dalk nie “kleur” as ’n tema gekies nie. Gebruik jou verbeelding. ’n Appelrooi, of lipstiekrooi, of Marilyn Monroe-rooi 1956-Mustang sê net soveel meer oor die karakter en die era as “’n rooi 1956-Mustang” of net “’n Mustang”. Die eerste voorbeeld laat spesifieke en helder prente in die lesers se gedagtes ontstaan.

4. Skryf teen ’n breë doek. Films moet groot wees. As dit in die ruimte afspeel, moet kykers die sterrestelsel kan sien, hoor, voel. As dit ’n western is, moet hulle die woestyn of die prêrie sintuiglik
beleef. Wanneer die karakters se verhaal teen ’n breë doek afspeel, het dit wat gebeur net soveel meer trefkrag, op talle vlakke.

5. Skryf in prente. Die meester is natuurlik Alfred Hitchcock. Hier is ’n uittreksel uit Psycho toe Janet Leigh se karakter besluit om die geld te steel wat haar werkgewer aan haar toevertrou het. In ’n boek sal jy nie net die karakter se handeling en gebare weergee nie, maar ook van die emosies wat op haar gesig flikker tesame met van haar gedagtes.

 Ander filmiese tegnieke is tyd-en-plekspronge (jump cuts), terugflitse, vooruitflitse en voorafskaduwing.
En soos altyd het minder meer trefkrag. Skryf dus beheers.


September: Skep 'n rowwe tyd vir jou karakter
 
Het jy iets misgeloop? 
 
 
ONS WAARBORG: 
Jy werk teen jou eie pas in jou vrye tyd op 'n een-tot-een basis aan kursusmateriaal met 'n stapsgewyse opbou, van die vind van 'n idee tot en met 'n voltooide manuskrip (verhaal of artikel).
Jy ontvang breedvoerige terugvoer op elke werkstuk deur 'n ervare, gegradueerde joernalis of 'n bekroonde skrywer-vertaler BINNE SEWE DAE nadat jy 'n skryfstuk ingestuur het.  
* Jy ontvang alle moontlike hulp en leiding om deur 'n erkende nasionale tydskrif of uitgewer  gepubliseer te word. 
Jy geniet die gemoedsrus van ons GELD-TERUG-WAARBORG. Dit beteken jy kry al jou geld terug indien jy voel jou kursus was nie die moeite werd nie.
 
 
© 2020 Skryfgeheime
 
 
Skryfgeheime-skryfskool
www.skryfgeheime.com
info@skryfgeheime.co.za
0782240454
Sedert 2008
Facebook
Twitter
Google+
LinkedIn
Instagram
YouTube
 
 
Jy het hierdie e-pos ontvang omdat jy navraag gedoen het oor 'n Skryfgeheime-kursus.
 
Sent by
SendinBlue