Skryfgeheime-skryfskool: JULIE 2020
Beste. Billikste. Meeste gepubliseerde studente sedert 2008

www.skryfgeheime.co.za
 
'n Winteraanbod, 'n skryfkompetisie, 'n sukses en 'n skryfomelet.
 
* KOMPETISIE *
 
 
Skryf 'n Afrikaanse luisterdrama-hoorspel-radiodrama van 45-60 blaaie in die korrekte formaat vir Netwerk 24 se kompetisie. Sluitingsdatum: 31 Julie 2020. Prysgeld: R100 000
 
* * WINTERAANBOD * *
Die Kursus in Tydskrifjoernalistiek teen MINUS 20%
- Net tot die kursus vol is
Dis nooit te vroeg of te laat om iets nuuts aan te pak nie.
 
Rieneke Wesseloo het onlangs met die Kursus in Tydskrifjoernalistiek begin en haar naam is alreeds in druk.
 
Rieneke skryf: "Ek is so opgewonde. My eerste berig is deur Find It News gepubliseer. En ek is nog maar net 'n paar maande lank besig met die tydskrifjoernalistieke kursus."
 
Ontwikkel jou skryfvaardighede en vestig jouself in die mark onder leiding van Liezl Russell, ’n ervare, gegradueerde joernalis wat direk by talle vryskutte se suksesse betrokke is. 
 
 Jy benodig:
* ’n Rekenaar, e-pos en toegang tot die internet.
Jy ontvang:
* Agt modules met ’n stapsgewyse opbou wat jou voer van die vind van ’n geskikte idee tot en met ’n voltooide, markgerigte artikel. 
* Een-tot-een ondersteuning en terugvoer op jou werkstukke en kursusartikel deur ’n ervare,  gegradueerde kursusleier.
* Alle nodige hulp en bystand met die voorlegging van jou artikel aan ’n geskikte tydskrif.
* Kennis en vaardighede met 'n wye toepassing wat niemand by jou kan wegvat nie.
 
12 maande en jou boek is op jou rekenaar
 
JULIE
Begin met die omelet

’n Verhaal wat nie met die eier begin nie, maar met die omelet, is 'n verhaal wat in medias rebegin. Dit spring weg met ’n emosiebelaaide insident wat heerlike afwagting by die leser laat ontstaan. So begin die Iliad, geskryf deur die skepper van die omeletbeeldspraak hierbo, in die middel van ’n argument. Gevolglik het die Iliad 'n nie-liniêre verloop, m.a.w. dit beweeg nie chronologies van A tot Z nie.
     ’n Storie wat in die middel van ’n deurslaggewende insident wegspring, is ’n storie sonder die belemmering van ’n potensieel vervelende aanloop. Die skrywer dompel bloot die karakters in die omelet sonder om te vertel wat alles vooraf gebeur het. In goeie hande lei dit tot ’n meesleurende
leeservaring waartydens die leser heeltyd vol vrae is en heerlik speurder speel.
     Die skrywer kan:
* die sentrale karakter met ’n dilemma konfronteer, soos 'n moeilike besluit of ’n lewe-en-dood situasie;
* die sentrale karakter ongewone dinge laat doen of sê, soos om in die middel van die nag haastig in sy kar te klim of uitlatings te maak wat agterdog by lesers en ander karakters verwek.
     Wanneer ’n storie in die middel van ’n insident begin, sal die leser noodwendig onseker en verward voel. Tipies sal lesers hierdie soort gedagtes koester: Wie is hierdie mense en wat gaan hier aan? Waarom sê of doen die karakter dit of dat? Wat steek agter dit alles? Wat gaan aan?
     Jy as skrywer moenie toelaat dat die leser se onsekerheid jou so angstig maak dat jy halsoorkop begin verduidelik nie, want dis juis die vrae in jou lesers se gemoedere wat maak dat hulle omblaai en verder lees. Die meeste lesers ervaar 'n in medias res-aanvang as prikkelend en boeiend.
     As skrywer moet jy besluit hoe jy die nodige agtergrondsmateriaal gaan bekendmaak sonder om die pret te bederf. Die beste raad is om jou geheime so lank moontlik te bewaar en jou karakters en die skryfproses met die detail te vertrou. In die meeste gevalle sal jy vind dat leidrade en inligting geleidelik, amper vanself, insypel soos die verhaal op die storieverhoog ontvou. Lesers sal op hulle beurt kort-kort aha-oomblikke ervaar wanneer hulle twee en twee bymekaarsit . En soms drie kry. Of vyf. Wat ook goed is. Want dit is die aard en plesier van subtiele skryfwerk.
     Ander, meer opsigtelike metodes, wat alte maklik opvallend raak en onbeholpe voel, is ’n gesprek tussen karakters, terugflitse en tyd-en-plekspronge (jump cuts). As jy op van hierdie tegnieke besluit, sorg dat die agtergrondsinligting naatloos en ongemerk ingebou word en nie geforseer voel of hinderlik is nie. Lesers moet kognitief betrokke wees en nie kort-kort ’n emmer vol koue verduidelikings oor die kop kry nie.
     ’n Treffende aanvangsomelet moet relevant wees, iets wat direk verband hou met die intrige (plot), iets belangriks, selfs lewensbedreigends. Te min relevansie en te min intensiteit (soos om in ’n spyker te trap, 'n pap wiel te kry of in iemand vas te ry) en die aanvang is ’n betekenislose cliché.
     Maar laat ’n rustig fluitende karakter sy deur oopmaak, vuilissak in die hand, net om in 'n pistool se koue oog vas te kyk of met 'n stywe voorarm tot agter teen die muur gestamp te word – en die leser verstaan oombliklik dat iets groots aan die gang is. Die skok sal lesers dadelik by die karakter en sy dilemma betrek en die koppe laat gons. En dis mos die respons wat jy as skrywer wil ontlok, of hoe?
     ’n Storie wat in medias res begin, móét die leser se nuuskierigheid gaande maak. Die geheimsinnigheid en raaiselagtigheid wat met hierdie soort aanvang gepaard gaan, is die hoofrede waarom dit so ’n gewilde vertrekpunt is. Dit maak eenvoudig vrae wakker. Soos wie die karakter met die vuillissak is, wie die aanvaller is, waarom die protagonis so houtgerus was, en wat die aanvaller wil hê. 
     As jy jou storie so laat ontvou dat daar voortdurend nuwe vrae in jou lesers se koppe ontstaan, sal jhulle jou beloon deur reikhalsend na jou volgende boek uit te sien.
     Seker die grootste gevaar van in medias res wegspring, is die versoeking om kort-kort stukkies agtergrondsgeskiedenis in te bou uit vrees dat lesers dinge nie sal volg of snap nie. En natuurlik is dit ’n moontlikheid. Maar oor die algemeen is die onregmatige verskaffing van agtergrondsmateriaal deur die skrywer ’n aansienlik groter en onplesieriger moontlikheid.
     Wees dus op die uitkyk vir gesprekke tussen karakters oor dinge wat hulle in elk geval weet, frases soos “jy weet mos” of “onthou jy nog” is leidrade. Wees bedag op karakters wat mekaar herinner aan planne of gebeurtenisse uit die verlede. Trap versigtig as ’n speurder begin uitlê of verklaar wat gebeur het. En ’n skurk wat megalomanies met sy prestasies spog, dui bloot op swak skryftegniek. 
     In alle boeke is ’n sterk aanvangsin ’n bate. Wanneer jy in medias res begin, is dit ’n móét, want 'n in medias res-skrywer het nie die luukse van ’n geleidelike aanloop en opbou nie. Sorg dus dat jou skryfwerk die leser uit die staanspoor aangryp.
     Kyk na hierdie voorbeelde van aanvangsinne:
Shadow had done three years in prison. (American Gods deur Neil Gaiman.) Lesers se eerste gedagte sal wees: Waarvoor?
I am seated in an office, surrounded by heads and bodies. (Infinite Jest deur David Foster Wallace.) Lesers se eerste gedagte sal wees: Regte liggaamlose koppe, of is dit ’n metafoor?
 
Jou taak: Gaan kuier in ’n boekwinkel, kyk watter aanvangsinne tot jou spreek en gebruik daardie prikkels om ’n vertrekpunt vir jou eie boek te ontwikkel.

AUGUSTUS:  Klim op die storieverhoog
 
Het jy iets misgeloop? 
 
 
ONS WAARBORG: 
Jy werk teen jou eie pas in jou vrye tyd op 'n een-tot-een basis aan kursusmateriaal met 'n stapsgewyse opbou, van die vind van 'n idee tot en met 'n voltooide manuskrip (verhaal of artikel).
Jy ontvang breedvoerige terugvoer op elke werkstuk deur 'n ervare, gegradueerde joernalis of 'n bekroonde skrywer-vertaler BINNE SEWE DAE nadat jy 'n skryfstuk ingestuur het.  
* Jy ontvang alle moontlike hulp en leiding om deur 'n erkende nasionale tydskrif of uitgewer  gepubliseer te word. 
Jy geniet die gemoedsrus van ons GELD-TERUG-WAARBORG. Dit beteken jy kry al jou geld terug indien jy voel jou kursus was nie die moeite werd nie.
 
 
© 2020 Skryfgeheime
 
 
Skryfgeheime-skryfskool
www.skryfgeheime.com
info@skryfgeheime.co.za
0782240454
Sedert 2008
Facebook
Twitter
Google+
LinkedIn
Instagram
YouTube
 
 
Jy het hierdie e-pos ontvang omdat jy navraag gedoen het oor 'n Skryfgeheime-kursus.
 
Sent by
SendinBlue